​‘n Rustieke klip villa om van te droom!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Una Casa con Paredes de Piedra y Jardines de Sueño, HUGA ARQUITECTOS HUGA ARQUITECTOS Casas de estilo rústico
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° ontdekking kom van Huga Argitekte in Spanje, wat vir ons bewys hoekom hulle naam maak daar oorkant – want hierdie is maar net een van die vele voorbeelde wat wys hoeveel ekstra moeite en aandag hulle bestee aan hulle skeppings.

En alhoewel hierdie ontwerp nou in Spanje geleë is, kon dit net sowel hier in Suid-Afrika gewees het, aangesien dit daardie oop, vars en verwelkomende gevoel het wat so baie van ons huise hier besit.

Kom ons ontdek hierdie parmantige klip villa!

Van buite gesien

Selfs die muur rondom die huis is van rou en natuurlike klip aanmekaar gesit, wat verseker dat hierdie skepping tonne aandag aan die buitekant geniet. Die huis self spog met ‘n pragtige kombinasie van klip, hout, keramiek, glas en staal, maar dit sal ons nou van naderby beloer.

Soveel styl

Die feit dat die villa van klip in sulke sagte aardse kleure gebou is maak dit net nog meer aanloklik, veral omdat dit so mooi uitstaan van die helder groen grasperk. En gepraat van, kyk bietjie hoe stylvol is die erf gemaak: die gras is kort en netjies (maar ook nie in die lewe afgesny nie), en ons is mal oor daardie “stepping stones” wat ons na die voordeur lei.

‘n Plekkie vir ontspanning

Ons bekyk die agterkant van die huis, en sover is hierdie beslis ons gunsteling area, want kyk net na daardie briljante stoep / houtdek met sy spasie, stylvolle meubels, en kleurvolle klip tuintjie! Kan jy jouself sien onthaal hierso met ‘n paar vriende en glase wyn?

Oop en ruim

Ons het regtig nie verwag dat die huis so ruim gaan wees aan die binnekant nie, maar dit wys jou nou net wat ‘n oopplan vertrek kan regkry. Hier vloei die sitkamer en eetkamer, albei in die moderne styl, pragtig saam. En daardie super moderne kaggel wat van die dak hang (en suksesvol die twee spasies van mekaar skei) geniet soveel aandag! 

Kom ons beloer nog ‘n paar foto’s van hierdie merkwaardige skepping…

Al ooit gewonder hoe sal Die perfekte huis vir jou sterreteken lyk?

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista