​Hierdie huisie is klein maar getrein

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Casas unifamilares
Loading admin actions …

Alhoewel die ontwerp waarna ons vandag kyk nie in Suid-Afrika geleë is nie, is dit nie moeilik om jou voor te stel dat hierdie skepping in een of ander woonbuurt (dalk Pretoria) staan nie – dis modern, kleurvol, geniet ‘n vriendelike en oop styl, en lyk tog net so netjies en verwelkomend – dus, dit besit al die eienskappe wat die meeste van ons soek in ‘n woning. 

Kom ons kyk bietjie of hierdie een perfek kan wees vir jou…

‘n Lieflike buitekant

homify Casas unifamilares

Hierdie grondvloer woning lyk dalk soos enige ander huis, maar sodra jy dit van naderby beskou, kan jy die ligte rustieke styl sien aan die buitekant. En die eenvoudige kleurskema werk perfek saam met die netjiese tuin/erf, en daar is selfs spasie vir ‘n motorhuis. 

Die huisie se grootte? 125 m², wat glad nie te versmaai is nie!

Die agterkant

homify Casas unifamilares

Moenie dink dis net die huis se voorkant wat oulik lyk nie – die agterkant is vêr van gehawend af, en bied sommer ‘n perfekte uitleg en spasie vir ‘n klein gesin wat rustig wil ontspan in hul agtererf. 

Kan jy jouself sien sit op daardie stoepie met ‘n glasie wyn?

Die vloerplan

homify

Alhoewel ons geen foto’s van die huisie se binnekant het nie, kan ons wel die vloerplan bekyk, en hier sien ons dat daar ‘n kombuis, ooplan sitkamer en eethoekie, sommer drie slaapkamers en een badkamer is – heel gemaklik vir ‘n klein gesinnetjie. 

Nou vir iets baie groter – kyk bietjie na Michelle se fantastiese Johannesburg huis.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista