​Die klein Johannesburg huisie met groot potensiaal

Johannes van Graan Johannes van Graan
Off the grid Eco POD, A4AC Architects A4AC Architects Casas de estilo moderno
Loading admin actions …

Wanneer dit kom by die behoefte aan ekstra spasie (soos ‘n ekstra spaarkamer, skuurtjie in die tuin of selfs ‘n tweede leefspasie), het die slim mense by A4AC Architects in Johannesburg die perfekte oplossing – en vandag op homify 360° deel ons hierdie eko-vriendelike ontwerp met julle. 

Alhoewel hierdie struktuur nou nie die grootste skepping ooit is nie, bied dit definitief genoeg spasie om te voldoen aan ‘n behoefte soos ‘n losstaande kantoor, slaapkamer of werkspasie – plus dit bied ook perfekte insulasie, werk met solar energie en die opdamming van reënwater, wat dit ideaal maak vir die 21ste eeu! 

2 stapelbedjies is ook ingesluit by hierdie model – kyk gerus!

Die buitekant

Danksy sink, geniet die struktuur se buitekant ‘n heel blink styl – letterlik! En hierso kan ons ook sien dat hierdie ontwerp sommer ‘n gemaklike grootte is: 3m (l) × 3m (h) × 3m (b) / 9 m² (area uitleg).

So baie opsies

Hierdie eko-vriendelike struktuur is nie net ideaal vir tuinskuurtjies nie, maar kan ook perfek wees vir die kleingoed se speelkamer in die agtererf, ‘n losstaande gimnasium, of selfs ‘n kunsateljee. Danksy hul praktiese uitlegte bied hierdie ontwerpe ekstra leefruimte aan jou, speelspasie aan die kinders of selfs slaapplek aan oornaggaste.

Briljante beligting

Natuurlik is die nodige beligting bygevoeg om te verseker hierdie struktuur is nie net mooi om na te kyk (en prakties om te gebruik) bedags nie.

Die binnekant

Houtpanele in ‘n sagte sandkleur versier die binnekant. En danksy hierdie warm neutrale kleurskema, sal enige bykomenede kleure en patrone (van die nodige meubels en dekorstukke, natuurlik) heel gepas lyk. 

Volgende op ons loerlysie: Hoe om jou huis uit te brei (sonder om te veel te betaal).

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista