​18 briljante doen-dit-self projekte vir jou stoep en tuin

Johannes van Graan Johannes van Graan
Extended living space - Manchester, Hannah Collins Garden Design Hannah Collins Garden Design
Loading admin actions …

Beskou jy jouself as ‘n meester met houtwerk? Of is jou sterkste bou talent om net ‘n paar klippies in die tuin reg te pak? Maak nie saak hoe reg of verkeerd jou hande vir werk staan nie, jy sal definitief inspirasie vind met vandag se stukkie. Ons kyk na 18 oulike maniertjies om huise se stoepe en tuine (voor en agter) op te kikker met eenvoudige gereedskap soos ‘n hammer, ‘n paar planke, sement, ens. 

Maar hoekom nou juis ‘n stoep en tuin? Wel, ons almal weet mos watse heerlike potensiaal ‘n buitespasie aan ‘n huishouding bied, aangesien dit vir luilekker ontspan en ordentlike kuiers gebruik kan word, veral met ons land se weer – dus, hoekom nie?

Loer gerus na ons 18 voorbeelde hier onder.

1. ‘n Teëlvloer omring met klippies vir ‘n stylvolle en netjiese ontspan plekkie.

homify Jardines de estilo moderno

2. ‘n Houtdek – maak seker jy ken jou storie voor jy hierdie projek alleen aandurf!

3. Vir iets meer eenvoudig, gaan met ‘n paar klippies, plantjies en ‘n geometriese uitleg in jou tuin.

homify Jardines de estilo minimalista

4. Wie sê jy mag nie hout- en teëlvloere meng nie?

5. Wat van ‘n houtbankie vir gemaklike sitplek? Onthou die sagte kussings!

6. ‘n Betonmuur kan soveel tekstuur en karakter aan ‘n gewone ou stoep besorg.

7. Geen spasie is te klein vir ‘n paar vars plantjies en blommetjies nie.

8. Geen vloerspasie nie? Dis hoekom hulle hangplante uitgedink het!

homify

9. Smaak verskil, en baie mense verkies ‘n wilde en natuurlike tuin uitleg bo ‘n geometriese een.

homify Jardines de estilo rural

10. Koelte is nie net prakties nie – dit kan ook help om meer dekor in jou tuin in te bring, soos kleurvolle sambrele.

homify Jardines de estilo moderno

11. As jy nou regtig goed is met jou hande, kan jy selfs ‘n ou fontuintjie op jou stoep bou. So nie, koop liewers een.

12. Geen gras? Danksy potplante het jy geen verskoning om glad nie plante en blomme op jou stoep te hê nie.

homify Casas de estilo moderno

13. Enige stoep kan doen met ‘n bietjie kleur.

14. Hout, klip, plante en water – wat meer wil ‘n mens vir ‘n treffende stoep hê?

15. Lus vir ‘n uitdaging? Wat van jou eie braai/kuierplek?

16. Onthou dat beligting vir daardie buitenste areas ook belangrik is.

17. Hierdie klipmuur gee heerlike patroon en tekstuur aan dié onderdak parkering.

18. Vir die beste kuier- en ontspanningsarea ooit, stel ons ‘n swembad voor.

Vir nog meer inspirasie bring ons jou hierdie 17 klein tuine wat by enige huis sal pas!

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista