​13 elemente wat ‘n stylvolle sitkamer verseker

Johannes van Graan Johannes van Graan
Aşiyan Cephe, Decora Decora Salones de estilo moderno
Loading admin actions …

As jy een van daardie persone is wat glo dat al wat die perfekte sitkamer kort is die regte sofa of gordyne, is hierdie artikel beslis vir jou bedoel. Want, soos jy nou sal uitvind, vat dit ‘n hele paar elemente wat ideaal saamwerk om ‘n stylvolle sitkamer te skep wat nie net mooi lyk nie, maar mens ook laat welkom voel.

Kyk bietjie watse dingetjies jy glad nie eers aan gedink het nie…

1. Skilderye – dit verskaf kleur en patroon, plus kan jou sitkamer se styl en tema komplimenteer.

Varios, Arkiurbana Arkiurbana Salones de estilo clásico

2. ‘n Mooi mat, nie net vir ‘n sagte vloer nie, maar ook om jou sitkamer spasie te anker.

3. Wanneer dit by antieke versamelstukke kom, is klassieke houtstoele nou regtig ‘n goeie belegging.

4. ‘n Fokale punt om die aandag op te fokus, soos dié klipmuur wat lieflike tekstuur byvoeg.

5. Potplante of blomme om die lug vars en jou vertrek mooi te hou.

6. Sonskerms of blinders is nie net vir dekor nie, dit hou ook jou sitkamer koeler gedurende die warm seisoene.

7. Nes ‘n mat, anker ‘n koffietafel jou hele sitkamer. En natuurlik bied dit ook ekstra stoorspasie.

8. Gestoffeerde meubelstukke vertel van styl en sagte gemak, om nie eers te praat van kleurskema opsies nie.

Aşiyan Cephe, Decora Decora Salones de estilo moderno

9. Vensters – jip, hulle is noodsaaklik om sonlig en mooi uitsigte na binne te bring!

OBEROI RUG FLAM RUGS Salones de estilo moderno

10. Kleurvolle kussings om die res van jou meubels en dekor te komplimenteer.

11. Verdelingselemente (soos ‘n boekrak of glasdeur) is briljant om oopplan-vertrekke bietjie af te skort.

12. Moenie van beligting vergeet nie – en natuulik kom niks by ‘n dekadente kristal kandelaar nie.

13. Ietsie unieks wat vertel van jou styl, persoonlikheid of belangstelling – kan jy raai waarin dié persoon belangstel?

Volgende op ons leeslysie: 11 stoorplek idees wat jou dalk sal verras.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista