Hier op homify is ons gereeld opsoek na nuwe en vars maniere om huise (binne en buite) op te tower, al is dit ook nou ietsie eenvoudig soos om ‘n blompot of twee by jou voordeur te sit, of nuwe muurpapier vir die kinders se kamer uit te soek.
Vandag fokus ons op die slaapkamer en ‘n paar wenke wat gaan help om joune bietjie op te kikker. Dus, voel vry om na ons foto’s te kyk en ons idees te lees, maar onthou om ook jou eie unieke stempel af te druk – dit is mos jou persoonlike spasie.
Vir nog ‘n paar stylvolle slaapkamer wenke, kyk gerus na: 15 Suid-Afrikaanse slaapkamers om van te droom.